Proscenium Dramakompetisie
Welkom by die veeltalige Proscenium Dramakompetisie wat aan hoërskoolleerders van graad 8 tot 12 die geleentheid bied om individueel deel te neem en hul kreatiwiteit op nasionale vlak uit te leef.














Wat behels dit?
Jy ontmoet suksesvolle professionele akteurs en ander mentors, en kry geleentheid om skouers te skuur met eendersdenkende kulturele én ander uitblinkers in die land. Kosbare bande word gesmee tydens die finale rondes wat in Kunstekaap plaasvind.
Hierdie is ’n Tribuo-projek
Wat is die doel?
Die doel van die kompetisie is om jong akteurs bekend te stel aan die wêreld van die uitvoerende kunste. Deelnemers word blootgestel aan verskeie fasette van die vermaaklikheidsbedryf, soos teater, televisie, radio en oorklanking. Jy kan hierna beter ingeligte loopbaanbesluite neem. Kosbare bande word gesmee tydens die finale rondes wat in Kunstekaap plaasvind. Skryf nou in en word deel van dié onvergeetlike ervaring.
Tydlyn
Datum | Wat gebeur? |
|---|---|
November 2025 | Inskrywings open vir 2026 |
29 Januarie 2026 | Sluitingsdatum vir inskrywings
|
23 Februarie – 27 Maart 2026 | Uitdunrondes in verskeie sentra |
2 April 2026 | Bekendmaking van finaliste |
6-9 Mei 2026 | Finaal in Kunstekaap Teater |
Voorskrifte aan deelnemers
- Deelnemers mag Afrikaans en/of Engels in hul aanbiedings gebruik. Die gedig in die uitdunronde en tweede ronde kan in enige ander amptelike Suid-Afrikaanse taal aangebied word, maar die kandidaat moet ’n opsomming of vertaling daarvan vooraf aan beoordelaars verskaf.
- Daar sal streng gelet word op die tydsbeperking. Indien deelnemers langer as die voorgeskrewe tyd optree, sal hulle gestop word.
- Na die sluitingsdatum (29 Januarie 2026) sal deelnemers ingelig word oor ’n spesifieke tyd van optrede in die uitdunronde. Verdere praktiese reëlings sal dan ook aan hulle gestuur word. Uitdunrondes word in verskeie sentra in die land aangebied.
- Alle hoërskoolleerders (graad 8 tot 12) mag inskryf, maar almal kompeteer op dieselfde vlak.
- Elke skool, privaat dramaskool of onderwyser mag deelnemers inskryf. Deelnemers kan ook op hul eie inskryf.
- Kandidate neem individueel deel, alhoewel hulle onder die skool, privaat dramaskool of onderwyser se naam inskryf.
- Ná 2 April 2026 sal die 60 gekeurde deelnemers aan die finale rondes in kennis gestel word. Dit vind op 6-9 Mei 2026 by Kunstekaap Teater in Kaapstad plaas.
Ronde-spesifikasies
Uitdunronde
Ronde een
Ronde twee
Ronde drie
Ronde vier
- ’n Gedig (eie keuse)
-
’n Uittreksel uit ’n prosawerk (eie keuse)
Die program mag nie 6 minute oorskry nie. - ’n Kort improvisasie (Die onderwerp sal deur die beoordelaar gegee word.)
- Na hierdie ronde sal die beoordelaars 60 deelnemers aanwys vir die volgende ronde.
-
’n Uittreksel uit ’n toneelstuk (monoloog).
Die program mag nie 5 minute oorskry nie. - Na hierdie ronde sal die beoordelaars 30 deelnemers aanwys vir die volgende ronde.
- ’n Gedig (eie keuse)
-
’n Uittreksel uit ’n prosawerk (eie keuse)
Dieselfde werk as vir die uitdunronde mag aangebied word.
Die program mag nie 6 minute oorskry nie. - Na hierdie ronde sal die beoordelaars 16 deelnemers aanwys vir die volgende ronde.
- ’n Radio-oudisie by RSG se ateljees in Seepunt.
- Speel in ’n toneel op die stel van ’n televisiesepie.
- ’n Oorklankingsoudisie by Overklank Ateljees.
- Na hierdie ronde sal die beoordelaars 8 deelnemers aanwys vir die volgende ronde.
- ’n Goed gebalanseerde program met klem op verskeidenheid en wisseling in aanbieding.
- Die program kan ’n sentrale tema hê en daar mag gebruik gemaak word van poësie, prosa, drama, sang, mimiek en kommentaar (skakelteks), indien nodig.
- Items uit vorige rondes mag gebruik word.
- Die program mag nie 12 minute oorskry nie.
Kompetisiereëls
- Deelnemers mag Afrikaans en/of Engels in hul aanbiedings gebruik. Die gedig in die uitdunronde en tweede ronde kan in enige ander amptelike Suid-Afrikaanse taal aangebied word, maar die kandidaat moet ’n opsomming of vertaling daarvan vooraf aan die beoordelaars verskaf.
- Daar sal streng gelet word op die tydsbeperking soos aangedui onder algemene inligting. Indien deelnemers langer as die voorgeskrewe tyd optree, sal hulle gestop word.
- Alle hoërskoolleerders (graad 8 tot 12) mag inskryf, maar almal kompeteer op dieselfde vlak.
- Inskrywings word aanlyn ingedien by proscenium.pro
- ’n Inskrywingsfooi van R220,00 per inskrywing is betaalbaar via EFT.
- Ná die sluitingsdatum (29 Januarie 2026) sal deelnemers deur organiseerders ingelig word oor ’n spesifieke tyd van optrede in die uitdunronde.
- Elke skool, privaat dramaskool of onderwyser mag deelnemers inskryf. Deelnemers kan ook op hulle eie inskryf.
- Kandidate neem individueel deel, alhoewel hulle onder die skool, privaat dramaskool of onderwyser se naam inskryf.
- Beoordeling word deur kundige professionele beoordelaars gedoen soos deur die organiseerders van die kompetisie aangewys.
- Ná 2 April 2026 sal die 60 gekeurde deelnemers deur organiseerders van die finale rondes in kennis gestel word. Dit vind op 6-9 Mei 2026 in die Kunstekaap Teater in Kaapstad plaas.
- Ná die finale ronde op 9 Mei word alle wenners tydens die prysuitdeling in die Kunstekaap Teater in Kaapstad aangekondig.
- Die uitslag is finaal en die beoordelaars se puntetellings bly vertroulik.
2025 PRYSE
2025 Wenners
Middel in die eerste plek: Ronald Theron
Links in die tweede plek: Janru Steenkamp
Regs in die derde plek: Francois Retief
RSG Radiodrama
v.l.n.r. Brendan Kruger, Hanno van Zyl, Kobus Burger, Nina Strydom, Michael Ruxvidzo
Beste Junior Wenner
Renier Pieterse saam met Sandra Prinsloo and Karen Meiring
2025 wenner van Northlink-Kollege beurs
Bronwyn Damon saam met Northlink se Akademiese Hoof, Heloïse Lotz.
2025 wenner van WOW
ondersteuningsbeurs, Chriswill Kotze saam met Janeen Wallow, Theltom Masimila, Saartjie Botha, Karen Meiring, Fiona van Kerwel
‘n Verskeidenheid pryse en geleenthede
Hou gerus ons sosiale media platforms dop vir die aankondiging van 2026 se opwindende pryse en geleenthede.